01 02 03 04 05 06 07 08

Krügerstrasse in Switserland verwyder...

Dit raak méér as net Kruger

Johann Tempelhoff, By, 2009.06.12, p. 6.

Een van die laaste herinneringe aan die Afrikaners se stryd om die behoud van politieke vryheid aan die einde van die 19de eeu is uit die openbare sfeer in Switserland verwyder.

 

Krügerstrasse, ’n straatnaam in die stad St. Gallen wat ruim honderd jaar gelede na pres. Paul Kruger genoem is, is pas hernoem na die Switserse skrywer en dramaturg Friedrich Dürrenmatt (1921-1990).

Lees meer...

 

top  June 23, 2009

Nagmaal op Kerkplein

Kerkplein het aanvanklik as Markplein bekendgestaan. Edward Lewis Devereux en William Skinner het in 1854 die eerste kerkie op die plein gebou. Die vroeë setlaars het hulle in hierdie area kom vestig, grootliks danksy die goeie watervoorraad. Die einste watervoorraad het dinge vir bouers in die omgewing egter bemoeilik. Dikwels, as fondamente gegrawe is, is ondergrondse water raakgeboor en tydens die reënseisoen het die kelders van geboue dikwels oorstroom. Meer...

 

Churchsquare

 

"Het Kerkplein te Pretoria, met de wagen der Boeren, die naar Pretoria kwamen om het Avondmaal te vieren."  Meer...

 

top  December 31, 2008

Geskiedenis van Erfnommers

deur Rosa Swanepoel, April 2007

 

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria. Ek is tans besig om ‘n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat ‘n deurmekaarspul. Sommige van die erwe is later in tot 16 dele verdeel. Meer...

 

KERKPLEIN 1900kerkplein 1900

Kerkplein, 1900.

 

top  Wed, November 28, 2007

Red Kerkplein, Save Church Square

Kerkplein is die simboliese middelpunt van Pretoria. Dit is die kern waaruit die dorpie gegroei het wat uiteindelik die hoofstad van Suid Afrika geword het. Meer...

 

top  August, 2007

Duiwe op Kerkplein

Goeie dag Paul,

 
KERKPLEIN… Februarie 24, 2008, 7:08 pm

 

Toe ek n kind was het my ma ons altyd na snaakse plekke gevat soos Kerkplein om die duiwe te voer, of Macnolia dal toe om op kartondose van die heuwel af te gly, en die beste was toe ons Uniegeboue toe was en gesien het hoe hulle die gras groen sprypaint!… en van middag toe kry ons n geir om dit weer te doen, en daar sak ons toe af op Kerkplein, sak brood in die hand want ons wil duiwe voer!  Meer...

 

top  10 November 2008

 

Die Vernuftige Albert Broderick

(alias Albertus Broodryk)

 

deur Johann Broodryk


Met die beoogde verandering van 27 straatname in Pretoria word daar tans lewendige debat gevoer deur historiese kundiges en lede van die publiek oor watter name koloniaal of apartheidsverwant kon wees en derhalwe gevaar staan om herroep te word, en met ander nuwe name te vervang word. Meer...

 

Churchsquare
SKILDERY: thomas baines

 

Skildery deur Thomas Baines van Albert Brodrick se winkel en kuierplek op Kerkplein (waar First National Bank se gebou vandag staan).

 

top  December 31, 2008

Geluk Pretoria! 2008

Die eerste inwoners van die Pretoria-omgewing was ‘n Ndebele-gemeenskap. Skotse handelaars en Engelse sendelinge het van 1829 hier aangedoen, maar dit is eers in 1838 dat ene Daniel Elardus Erasmus sy plaas Doornkloof gevestig het. Twee jaar later was dit ‘n J.G.S. Badenhorst wat ‘n plaas naby die huidige Fonteine betrek het. Stadigaan het meer mense by die klein gemeenskappie aangesluit. Meer...

 

top THURS, DECEMBER 04, 2008

PRETORIA VIER 16 NOVEMBER

Goeiemôre Burgers, Besoekers en Boemelpare! Kom geniet die musiekfees, hierdie jaar daar bo by die Voortrekkermonument. GRATIS! Jolig!

 

ONTHOU: daar is steeds GRATIS polo hempies beskikbaar vir enigiemand wat op ons stad se verjaarsdag (16 November) gebore is. Neem jou ID/paspoort/ bestuurslisense na Café Riche hier op Kerkplein, en trek jou hempie aan vir die fees! Daar is net 152 van hierdie baie duursame hempies gedruk en geborg deur Beweging Red Kerkplein. (BRK)

 

Is it your birthday 16 November?

 

Whose birthday is on 16 November? Bring you ID book to Café Riche and win one of 152 T-Shirts sponsored by SCM (Save Church Square Movement).

 

O ja, en skryf bietjie aan my, oor hoe jy die duiwe, die pragtige wit rose en die samesyn geniet hier om my. Ek het jou lanklaas hier gewaar.

Tot weer sien,


www.kerkplein.org.za

2007 verjaarsdag. Meer....

top 13 November 2008

MISSING CHILDREN
Please help us find them...

. . .

 

www.kerkplein.org.za, editor/redakteur : Lamé Ebersöhn.                       Design & construction by katty vandenberghe

.
talk
deal
squeal
paul
contact